Akira kuberkrakers sê hulle het Paratus aangeval, kliëntedata gekry
Die kuberkrakersgroep Akira voer aan hulle was verantwoordelikheid vir die kuberaanval teen Paratus. Volgens ‘n plasing op die Onion-blog het die groep daarin geslaag om 84 gigabytes se data te onttrek, onder andere Paratus-kliënte se finansiële data, bestuurderslisensies, kontaknommers en e-posse. Paratus het Donderdag bevestig daar was ‘n kuberaanval wat sy interne IT-stelsels geteiken het. Dit is nie bekend of Akira ‘n losprys vir die data gevra het nie, wat gewoonlik in bitcoin betaal moet word.