Frankryk begin lukraak soek na wapens in sakke by skole
Die Franse polisie gaan lukraak by skole begin soek na messe en ander wapens wat in sakke versteek is, in ‘n poging om die toename in gewelddadige aanvalle te bekamp. Die minister van Onderwys, Elisabeth Borne, sê onderwysers en skoolpersoneel is nie gemagtig om leerders te deursoek nie. Die nuwe beleid volg na ‘n toename in mesaanvalle by skole. Borne beywer haar ook vir ‘n reëlverandering waarvolgens leerders wat met messe of ander skerp voorwerpe betrap word, outomaties voor ‘n dissiplinêre raad moet verskyn.