DA het groot kommer oor tienerswangerskappe

Die DA sê die toename in swangerskappe onder leerders, insluitend een-duisend-424 gevalle onder meisies tussen tien en 14 jaar, onthul ‘n statutêre verkragtingskrisis wat dringende optrede vereis. Volgens die Departement van Onderwys het meer as 67 000 meisies tussen 15 en 19 jaar ook in die eerste drie kwartale van verlede jaar geboorte geskenk. DA-woordvoerder Angel Khanyile bepleit omvattende bewusmakingsveldtogte en beter ondersteuning vir swanger leerders om die siklus van armoede en skoolverlating te verbreek: