Bibi looi Wesoewer na busbomme

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het die weermag opdrag gegee om ‘n operasie in die besette Wesoewer uit te voer. Dit volg nadat drie leë busse in ‘n vermeende terreuraanval ontplof het in Bat Yam naby Tel Aviv. Na wat berig word was daar aan een van die toestelle wat nie ontplof het nie ‘n boodskap oor “Wraak uit Tulkarem”, wat verwys na ‘n onlangse Israelse militêre teenterrorisme-operasie in die Wesoewer. Netanyahu het ook die polisie en die Sekerheidsagentskap beveel om voorkomende optrede te verskerp teen nog aanvalle in stede.