Stropery uit die lug bekamp
Die Ecowings Namibia-inisiatief het van 17 Desember verlede jaar tot 7 Januarie ‘n lugwaarneming-operasie in Damaraland uitgevoer met die doel om wildsmisdade te bekamp en bewaring ‘n hupstoot te gee. Onder leierskap van Dr. Conrad Brain is meer as 12 800km in twee vliegtuie afgelê om stropery te verhoed, uit te kyk vir tekens van onwettige aktiwiteite en die Save the Rhino Trust te help om renosters op te spoor. Die inisiatief is ‘n samewerkingspoging tussen verskeie organisasies, onder andere die Namibiese Omgewingskamer, Medical Rescue Africa, die Namibië Natuurstigting en die omgewingministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gerhard Thirion van die Wilderness Impact-span, wat meer inligting gee.