Okavango vloei hoog, styg steeds: Shamvura kamp

Die Namibiese Hidrologiese Diens het stygende watervlakke in sleutelriviere gerapporteer, nadat hulle almal baie laer was as op die ooreenstemmende tye verlede jaar. Die Okavango by Rundu vloei egter nou op 5,84 meter, wat hoër is as die 5,60 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mark Paxton van Shamvura kamp op die oewer van die Okavango.