Opuwo se waterkrisis kring uit
Opuwo se erge wateruitdagings duur voort. Plaaslike media berig dat die dorpsraad sê hy verloor 40 persent van sy beskikbare water as gevolg van lekkende pype, diefstal en watermeters wat nie reg werk nie. Hierdie water moet steeds aan NamWater betaal word wat sy skuld, van 40 miljoen Namibiese dollar vererger. Op die oomblik belemmer dit ook watervoorsiening – die dorp se vraag staan op 190 kubiek uurliks en net 90 kubiek kan verskaf word dus is beurtwater in plek met onversuiwerde water wat bygevoeg word op tye om aan vraag te voorsien.