Cynthia Erivo bied Tony’s aan

Die aktrise en musikant, Cynthia Erivo, bied in Junie die 78ste Tony-toekennings aan by die Radio City Music Hall in New York. Erivo, wat die hoofrol speel in een van 2024 se gewildste flieks Wicked, het in 2016 ʼn Tony gewen vir haar rol in die Broadway-weergawe van The Colour Purple. Sy is tans vir ʼn Oscar benoem vir haar werk as Elphaba in Wicked. Erivo sê sy sien uit om die teatergemeenskap te lei deur ʼn aand waar die jaar se wonderlike vertonings gevier word.