Groot weerwaarskuwing vir verre Noorde

Die Namibië Meteorologiese Diens en die eerste minister se kantoor het ‘n beroep op plaaslike owerhede gedoen om dreineringstelsels skoon te maak, vloedwaarskuwings uit te reik en noodlenigingsvoorrade voor te berei voor matige tot swaar donderstorms wat oor die naweek in die Kavango Oos-, Kavango Wes- en Zambezi-streke verwag word. Lede van die publiek word gemaan dat kitsvloede verwag word wat Maandag na die Otjozondjupa-streek uitbrei. Mense moet binne bly maar, in veilige strukture. Oop gebiede, hoë bome en metaalstrukture moet vermy word.