Roodt sê uitstel van begroting dui oneenigheid in GNU aan
Die ekonoom Dawie Roodt sê die uitstel van die begrotingsrede is ongekend en ‘n aanduiding van erge verdeeldheid binne die regering van nasionale eenheid. Hy sê die ANC het probeer om belasting, insluitend BTW te verhoog, maar het sterk teenkanting van die DA ontvang. Roodt sê Suid-Afrikaners kan nie bekostig om meer belasting te betaal nie en vra drastiese besnoeiings aan staatsbesteding. Hy gee die ANC die skuld vir ekonomiese wanbestuur: