Australië gedwing om 90 valsmoordwalvisse van kant te maak

Australiese owerhede moes 90 valsmoordwalvisse van kant te maak ná ‘n massastranding op ‘n afgeleë strand in Tasmanië . ‘n Span kundiges op die toneel sê ingewikkelde omstandighede het dit onmoontlik gemaak om die diere te red. Hulle is deel van 157 walvisse wat naby Arthurrivier, in die noordweste van die eiland, gestrand het. Die ander het kort ná die stranding gevrek. Valsmoordwalvisse is tegnies een van die wêreld se grootste dolfynspesies en kan tot 6 meter lank word en 1,5 ton weeg.