EU wil nuwe sanksies teen Rusland instel
Die Europese Unie het ingestem tot ʼn 16de pakket sanksies teen Rusland weens sy volskaalse inval in Oekraïne. Dit sluit in beperkings op Russiese banke, bevriesing van bates en ʼn reisverbod na die EU vir 48 individue en 35 instellings, ʼn verbod op die invoer van Russiese aluminium en ʼn nuwe verbod op die uitvoer van chemikalieë en chroom. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, verwelkom die sanksies en sê hulle is verbind om druk op die Kremlin vol te hou.