Handel koalisies-wetgewing af, vra Salga

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering in Gauteng vra dat wetgewing vir koalisies voor die 2026 plaaslike verkiesing afgehandel word. Die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit is die enigste van die 11 Gautengse munisipaliteite wat deur ʼn enkele party regeer word. Salga se provinsiale voorsitter, Jongizizwe Dlabathi, sê indien koalisies nie behoorlik bestuur word nie, is dit geneig tot onbestendigheid.