WEF identifiseer sleutelrisiko’s vir Namibië vanjaar

Die Wêreld Ekonomiese Forum sê armoede en ongelykheid as Namibië se dringendste risiko’s vir 2025. Die forum se Globale Risiko-verslag, gebaseer op ‘n opname van meer as 11 000 respondente, beklemtoon ekonomiese uitdagings, hulpbrontekorte en ‘n gebrek aan geskoolde arbeid as die belangrikste bekommernisse vir die land. Die opname het respondente gevra om die vyf grootste risiko’s wat waarskynlik hul land binne die volgende twee jaar sal raak te kies uit ‘n lys van 34 wêreldwye bedreigings. In Namibië sê die verslag verder dat werkloosheid of gebrek aan ekonomiese geleenthede in die tweede plek staan. Watervoorraadtekorte het na vore gekom as die derde grootste bekommernis, terwyl voedselvoorraadtekorte die vierde plek was. Laastens is ‘n tekort aan arbeid en talent as die vyfde dringendste kwessie geïdentifiseer.