Boorskip vind koolwaterstofdraende formasie in blok 2914

Namcor, namens die PEL 85-gesamentlike ondernemingsvennote, insluitend Rhino Resources, het die Sagittarius-1x-eksplorasieput in blok 2914 in die Oranjekom voltooi. Daar is ‘n koolwaterstofdraende formasie gevind, sonder enige waargenome waterkontak. Die Noble Venturer boorskip het nou beweeg na die volgende put in die eksplorasieveldtog, Capricornus-1x, wat ‘n aparte deel van PEL 85 sal toets. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, gee meer inligting.