Duisende laerskoolleerlinge gaan Saterdagklasse bywoon
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 15 450 graad 4- en graad 7-leerders van 223 laerskole gaan vanjaar Saterdagklasse bywoon. Dit is deel van die departement se BackonTrack-program. Die ekstra klasse sal fokus op wiskunde en taal. Die LUR, David Maynier, sê behalwe die grade, sal 8 000 graad 12-leerders akademiese ondersteuning kry ter voorbereiding vir die matriek-eindeksamen.