ATM vra dieper ondersoek na ontwettige finansiële vloei in SA

Die African Transformation Movement sê hy is bekommerd oor onwettige finansiële vloei en die mislukkings met toesig wat aansienlik verliese tot gevolg gehad het. Die party versoek die Kantoor van die Openbare Beskermer om die omvang van hierdie verliese te ondersoek. ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê daar word na raming jaarliks verliese van tot nagenoeg 400-miljard Suid-Afrikaanse rand gelei, weens belastingontduiking, winsverskuiwing en geldwassery.