Twee polielede gevang na vrou ontvoer, verkrag is
Die Landelike en Plaaswerkersontwikkelingorganisasie het die inhegtenisneming van twee polisielede in die Swartlandstreek van die Wes-Kaap verwelkom. Die lede wat by die Moorreesburg polisiestasie gestasioneer is, word beskuldig van die ontvoering en verkragting van ‘n 27-jarige vrou. Billy Claasen van die organisasie sê hulle is baie bekommerd en beklemtoon die aanhoudende gevalle van misbruik van mag binne wetstoepassing.