Ugab-kalfie vrek ten spyte van reuse-pogings 

‘n Pasgebore olifantkalfie wat deur die omgewingsministerie uit die Ugab-trop verwyder en na die Okutala Etosha Lodge verskuif is na dit deur die ma en die hele trop verwerp is, het Sondagoggend gevrek ondanks alle pogings om dit te red. Volgens die ministerie word verskeie kalfsterftes die afgelope jare in die Ugab-trop bespeur, hoofsaaklik weens die moeilike en dorre omstandighede waarin hulle moet oorleef. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gepraat: