18 dood in stormloop by Indiese treinstasie

Minstens 18 mense, insluitende vier kinders, het gesterf en omtrent tien is beseer gedurende ‘n stormloop oor die naweek by ‘n Nieu-Delhi spoorwegstasie in Indië. Passasiers het probeer om op die trein na Maha Kumbh Mela, die wêreld se grootste godsdienstige byeenkoms te klim. Die Delhi polisie sê die insident het gebeur na twee treindienste vertraag is en ‘n toestroming van mense tot ‘n stormloop aanleiding gegee het. Dit volg na nog ‘n voorval waarin 30 mense dood is in ‘n vroegoggend stormloop by die Kumbh Mela fees in die noorde van Indië.