DRK-oorlog bedreig streeksvrede, sê VN
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het Saterdag tydens die spitsberaad van die Afrika Unie in Addis Ababa, in Etiopië gesê die oorlog in die DRK bedreig vrede in die hele streek en geëis dat die “territoriale integriteit” van dié land gerespekteer moet word. “Die gevegte wat in Suid-Kivu woed – weens die voortsetting van die M23-offensief – dreig om die hele streek oor die afgrond te stoot,” het Guterres gesê. Hy het dialoog aangemoedig en gesê dat eskalasie in die streek “ten alle koste” vermy moet word en dat daar “geen militêre oplossing” is nie. “En die soewereiniteit en territoriale integriteit van die DRK moet gerespekteer word,” het hy gesê.