Nadal wens Schwartzman net die beste
In tennisnuus het die Spaanse meester Rafael Nadal sy jarelange teenstander, Diego Schwartzman, geloof nadat die Argentyn sy uittrede aangekondig het. Die 32-jarige kon nooit hond haar-af maak teen die Spanjaard nie en kon hom net een keer in 12 ontmoetings klop. Nadal, wat sy roemryke loopbaan einde verlede jaar afgesluit het, sê egter Schwartzman was ‘n puik voorbeeld van hoe om uitdagings te oorkom, en hulle het vele oomblikke op die baan gedeel. Verskeie ander spelers, insluitend die Duitser Alexander Zverev en die uitgetrede Oostenryker Dominic Thiem, het Schwartzman ook geloof.