Rooi Kruis baie besorg oor Hamas-gyselaarsFebruary 14, 2025

Die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis, wat die uitruil van gyselaars en gevangenes tussen Israel en Hamas bemiddel, is baie besorg oor die welstand van die oorblywende aangehoudenes in Gaza. Hamas het met die uitruiling op 8 Februarie in die teenwoordigheid van omstanders drie gyselaars gedwing om hul ontvoerders te bedank. Hulle was uitgeteer, wat hulle gesinne geskok het. Die Rooi Kruis het Hamas daarna versoek om te verseker opvolgende ruiltransaksies is meer privaat en waardig. Die volgende uitruiling van gyselaars en gevangenes is môre.