6 000 malaria-gevalle in 6 wekeFebruary 14, 2025
Twintig van die land se 26 malaria-endemiese distrikte ervaar malaria-uitbrekings. Volgens die gesondheidministerie is byna 6 000 gevalle tussen 1 Desember en 19 Januarie aangeteken. In die Ohangwena-streek het 28 mense gesterf sedert Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheidminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, wat die uitbreking toeskryf aan die teenwoordigheid van vektore, oftewel malaria-draende muskiete.