Trump kondig wederkerige tariefbeleid aan

Amerikaanse president Donald Trump het ‘n nuwe wederkerige tariefbeleid aangekondig, en gesê die land se bondgenote is erger as sy vyande wanneer dit by invoerbelasting kom. Die tariewe sal van toepassing wees op alle Amerikaanse handelsvennote, en is die jongste in ‘n reeks tariefmaatreëls deur die Trump-administrasie. Geen begindatum vir die tariewe is bevestig nie, en Trump het voorheen die dreigement van tariewe as ’n onderhandelingstaktiek gebruik. Hy het in die Oval Office herhaaldelik gesê dit sal werkskepping aanwakker.