Jerry Ekandjo kap LGBT-gemeenskap in NV-herdenkingsessie

Die routydperk en herdenking van stigterspresident Sam Nujoma duur voort in die Nasionale Vergadering, waar parlementslede hul herinneringe van hom deel. Die dagblad The Namibian het in die week ‘n hoofopskrif op die voorblad gehad dat die LGBT-gemeenskap Nujoma vergewe vir sy retoriek teen die gemeenskap. Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo het in die parlement hierteen te velde getrek.