Loonopgawes moet ingedien word
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie herinner alle werkgewers dat loonopgawes vir die huidige boekjaar teen 31 Maart ingedien moet word. Die maatskappy sal dan 30 dae later ‘n kennisgewing van aanslag kry. Alle loonopgawes moet op datum wees en versuim om dit in te dien is ‘n kriminele oortreding en indien dit nie ingedien is nie kan daar nie ‘n sertifikaat van goeie aansien deur die kommissie uitgereik word nie.