Twee Aussie gesondheidswerkers geskors na anti-Semitiese video 

Twee Australiese verpleegkundiges is geskors na ‘n video waarin hulle dreig om Israelse pasiënte dood te maak en spog dat hulle weier om hulle te behandel. Volgens die BBC is die beeldmateriaal in ‘n hospitaal opgeneem. Die man en vrou, albei werknemers by ‘n hospitaal in Sydney, word deur die polisie ondersoek. Die Australiese premier, Anthony Albanese, veroordeel die video as “walglik en skandalig”. Dit kom minder as ‘n week nadat Australië strenger wette teen haatmisdade aanvaar het na ‘n vlaag hoëprofiel-anti-Semitiese aanvalle.