Knopvelsiekte breek wyd uit – en in Khomas?

Knopvelsiekte het in verskeie staatsveeartsenydistrikte uitgebreek, met 73 gevalle in die Otjombinde-kiesafdeling in die Epikuro veeartsenydistrik alleen. Nuwe statistieke is nog nie bekendgemaak nie. Gesonde beeste behoort ingeënt te word en boere moet vektore beheer. Beeste in die geaffekteerde areas mag eers 21 dae na inenting na en van die gebiede beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met plaaslike veearts Dr. Theuns Laubscher.