Aussie draaibouler se boulaksie word ondersoek
Krieket: Die Australiese toetsdraaibouler, Matt Kuhnemann, is verkla weens ʼn moontlike verdagte boulaksie, na sy briljante vertoning in die onlangse reeks teen Sri Lanka. Hy het 16 paaltjies in die twee toetse geneem teen ʼn gemiddeld van 17,18. Kuhnemann se aksie sal nou deur kenners ontleed word. Krieket Australië sê wedstrydbeamptes het hulle na die tweede toets in Galle van die besluit verwittig en hulle sal nou met die Internasionale Krieketraad en onafhanklike kenners saamwerk oor die saak.