Drikus Coetzee gesamentlik 3de in Atlasbergwedren, Boland-rugbywedstryd gaan voort
Die Namibië Rugby-unie het aangekondig dat die Streek 15’s toernooi uitgestel is weens die onverwagte afsterwe van stigtingspresident Sam Nujoma. Die wedstryd tussen die Welwitschias en die Boland Kavaliers op 22 Februarie sal wel voortgaan, maar sonder toeskouers. Die wedstryd word regstreeks uitgesaai op NTV en die NBC. In ander sportnuus het Namibië se Drikus Coetzee en Suid-Afrika se Kevin Benkenstein saam die eindstreep van die Atlasbergwedren bereik om gesamentlik in die derde posisie te eindig. Hulle het die 1 305 kilometer in 4 dae, 1 uur en 29 minute afgelê.