Bank van Namibië verwag groei in verskeie sektore
Die Bank van Namibië het in Desember in sy Opdatering van ekonomiese vooruitsigte-verslag geraam dat die ekonomie in 2024 met 3,5 persent sal uitbrei en vanjaar met 4 persent. Tydens die aankondiging van die laer repokoers het die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab, gesê die sentrale bank sal volgende maand sy ekonomiese vooruitsigte vir 2025 bekendmaak. !Gawaxab het die sektore uitgelig waar groei verwag word.