IPC het reeds sekuriteitskoste vir NV-verkiesingsaak betaal
Die Verkiesingshof het vroeër beslis dat die IPC 450 000 Namibiese dollar betaal as sekuriteit vir koste in sy voortgesette uitdaging van die 2024 Nasionale Vergadering se verkiesingsuitslae. Die bedrag sal gelykop verdeel word tussen die drie respondente die Verkiesingskommissie van Namibië, president Nangolo Mbumba, en Swapo. Die saak is tot 20 Februarie vir ‘n statusverhoor uitgestel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met IPC-woordvoerder Imms Nashinge, wat sê die party het reeds die kostebevel betaal, maar nie verklap waar die fondse vandaan kom nie.