Hardapdam nou op 22,9%, kry steeds invloei
NamWater het aangekondig dat besproeiing by die Hardap-skema tot 100 persent verhoog word, na die Hardapdam aansienlik water gevat het. Net hierna is bekendgemaak dat die dam van 22,1 persent Maandag na 22,9 persent gestyg het om 2-uur vandag. Water vloei steeds in teen 10,2 kubieke meter per sekonde. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rico Bothma, ‘n boer op die groenskema.