Bank van Namibië lig teen-bedrog stappe uit
Die land se handelsbanke rapporteer ‘n toename in bedrieglike aktiwiteite, en bekommerde lede van die publiek wil weet wat die Bank van Namibië as sentrale bank doen om die probleem teë te werk. In sommige gevalle het niksvermoedende mense hul bankbesonderhede aan hoogs oortuigende bedrogspul-bellers gegee. Leonie Dunn, adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, verduidelik.