Afgedankte Gatland reeds verbind met Wallabies-pos

Rugby: Warren Gatland, wat pas as hoofafrigter van Wallis afgedank is na 14 agtereenvolgende nederlae, word reeds weer met ʼn ander internasionale pos verbind. Vroeër is berig die afrigter van die Wallabies, Joe Schmidt, gaan nie sy kontrak verleng wanneer dit na die Rugbykampioenskap in Oktober verstryk nie. Gatland en die voormalige Australiese afrigter, Michael Cheika, is albei skielik beskikbaar. Cheika het onlangs bekendgemaak hy gaan nie sy kontrak met die Engelse klub Leicester verleng nie. Sy naam word ook genoem as ʼn moontlike opvolger vir Gatland by Wallis.