Solidariteit gaan veldtog teen Suid-Afrika se rasgebaseerde wette
Solidariteit sê hy gaan ‘n omvattende nasionale en internasionale veldtog van stapel stuur teen Suid-Afrika se rasgebaseerde wette, insluitend regstellende optrede en swart ekonomiese bemagtiging. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê hulle aksieplan sluit in druk op die regering om die land se raswette te wysig en skakeling met die G20-lande om Suid-Afrika se rasgebaseerde wette op die agenda te plaas. Hy sê hulle gaan die Internasionale Arbeidsorganisasie ook vra vir die aanstelling van ‘n spesiale verteenwoordiger om na die land te stuur.