USAid se opskorting het reuse-impak op verskeie projekte plaaslik
Die Namibiese Civil Society Non-State Actors-netwerk, NamNet, het diepe kommer uitgespreek oor die opskorting van USAid-finansiering deur die Trump-administrasie, want dit kan ernstige gevolge hê vir plaaslike noodsaaklike dienste en lewensreddende programme. NamNet, wat meer as 1 150 organisasies verteenwoordig, het gewys op die aansienlike voordele wat uit Amerikaanse hulp spruit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, ‘n lid van NamNet, wat uitbrei oor die impak.