MK maak hoogverraadsaak teen AfriForum oop

Die MK-party sê AfriForum se pogings om die Amerikaanse regering te oortuig om ekonomiese strafmaatreëls teen Suid-Afrika in te stel, is ‘n doelbewuste poging om die staat te verswak. Die party het ‘n saak van hoogverraad teen die drukgroep geopen weens president Donald Trump se besluit om finansiële hulp aan Suid-Afrika te staak. Hy het ook vlugtelingstatus vir Afrikaners aangebied. MK se adjunkpresident, John Hlophe, sê die regering moet diplomatieke en regstappe doen om die vyandige Amerikaanse optrede teen te staan: