Covid-19 verwante sterftesyfer nou op 564 in die land

Die Covid-19 verwante sterftesyfer in die land staan nou op 564.Vyf nuwe sterftes – een elk in onderskeidelik Windhoek, Omaruru en Outapi en twee in Oshakati is deur die ministerie van Gesondheid bevestig.Die aktiewe gevalle is 1 193 waarvan 104 in die hospitaal en 20 in intensiewe sorgeenhede is.43 555 Mense het reeds herstel. Nog 277 is ingeënt wat die totaal vir Erongo en Khomas op 2 875 te staan bring.