Anglikaanse Kerk sê seksskandale ‘n ‘ongekende krisis’

Die verkose beheerliggaam van die Anglikaanse Kerk het begin met ‘n weeklange vergadering oor die “ongekende krisis” wat ontketen is deur ‘n aantal seksuele misbruik-skandale. Die Londense vergadering volg ‘n maand nadat Justin Welby weens die skandaal bedank het as die Aartsbiskop van Kantelberg en wêreldwye hoof van Anglikane. Bewerings van seksuele misbruik teen ‘n priester en ‘n biskop het ook in die afgelope maande na vore gekom en Welby se tussentydse vervanging in omstredenheid gedompel.