Tiger onttrek uit Genesis na sy ma sterf

Die vyftienmalige Major-kampioen, Tiger Woods, het aan hierdie week se Genesis-uitnodigingstoernooi onttrek en sê hy verwerk nog sy ma Kultida se dood verlede week. Woods se laaste verskyning by ʼn amptelike toernooi was in Julie verlede jaar in Die Ope by Royal Troon waar hy vir die derde opeenvolgende Major nie die paal gehaal het nie. Die 49-jarige Amerikaner is in die Genesis-uitnodigingstoernooi deur sy landgenoot, Jake Knapp, vervang. Knapp het sy eerste oorwinning op die PGA-toer verlede jaar in die Mexikaanse Ope behaal.