20% meer beesvleis in ‘24 uitgevoer
Amper 23 miljoen kilogram beesvleis is deur uitvoer abattoirs verwerk en oorsee verskeep in 2024. Die EU was die grootste mark en het 13,2 miljoen kilogram ontvang met Suid-Afrika wat 4,2 miljoen ontvang het en Brittanje op 3,1 miljoen kilogram. Noorweë het 1,6 miljoen kilogram ingevoer en China amper 484 000. Die Namibiese Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad sê die styging in uitvoere is aangedryf deur ‘n hoër aanbod as gevolg van die droogte. Amper 20 persent meer diere is in 2024 bemark teenoor 2023. In die noorde het die Katima Mulilo en Rundu abattoirs net meer as 8 200 diere verslag.