IPPR hamer op deursigtigheid in olie en gas

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n inligtingsessie gehou oor die Deursigtigheidsinisiatief in die onttrekkingsbedryf, of mynbedryf, waarvan Namibië nog nie lid is nie. Die inisiatief bevorder die oop en verantwoordbare bestuur van olie, gas en minerale hulpbronne. Graham Hopwood, die direkteur van die IPPR, beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief.