Chinese burger vas vir onwettige myn February 10, 2025

Die Namibiese polisie het ‘n 72-jarige Chinese burger op Okahao in hegtenis geneem vir onwettige mynbedrywighede. Volgens die mag het hy naby Ruacana geprospekteer sonder die nodige dokumentasie en toestemming en is met vermoedelik koper in sy besit gevind. Die ondersoek duur voort.