79 lande beloof onwrikbare steun vir Strafhof

Nege-en-sewentig lande sê Donald Trump se besluit om sanksies in te stel teen die Internasionale Strafhof sal die internasionale oppergesag van die reg ondermyn. Die gesamentlike verklaring is uitgereik nadat die Amerikaanse president ‘n uitvoerende bevel onderteken het wat finansiële sanksies en visumbeperkings instel teen personeel van die hof en hulle familielede, omdat die hof na bewering die VSA en Israel onbehoorlik geteiken het. Frankryk, Duitsland en Brittanje is onder dié wat hul voortgesette en onwrikbare steun herbevestig het vir die onafhanklikheid, onpartydigheid en integriteit van die Strafhof, terwyl Australië, die Tsjeggiese Republiek, Hongarye en Italië afwesig was.