Rivier in Argentinië word helderrooi
‘n Rivier in ‘n voorstad van Buenos Aires in Argentinië is nou helderrooi, wat kommer onder inwoners laat ontstaan. Volgens berigte in plaaslike media is dit nie die eerste keer dat die rivier verkleur nie en inwoners vrees besoedeling. Een inwoner het aan La Nación gesê die rivier verander gereeld van kleur en het soms ‘n dik geel laag met ‘n suur reuk. Die Omgewingsministerie in die streek sê monsters van die water sal ontleed word om te bepaal wat die kleurverandering veroorsaak.