Hamas gaan nog 3 gyselaars vrylaat
Hamas sal vandag nog drie Israelse gyselaars vrylaat in die vyfde uitruiling as deel van ‘n brose skietstilstand in Gaza. Hulle is Eli Sharabi, Ohad ben Ami en Or Levy. In ruil vir die drietal sê Hamas hy verwag 183 Palestynse gevangenes sal vrygelaat word. Vroeër Vrydag het Hamas beweer Israel vertraag die aankoms van honderde vragmotors met kos en ander humanitêre bystand en het die meeste van die nodige tente en mobiele wonings wat vir skuiling nodig is, weerhou. Die Israelse militêre agentskap wat toesig hou oor hulpaflewerings in Gaza ontken die aantyging.