SA20 bereik hoogtepunt vandag
Krieket: Die derde seisoen van die SA20 bereik vandag sy hoogtepunt wanneer MI Cape Town en die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, mekaar in die eindstryd in Johannesburg pak. Dis die eerste keer dat die Kaapstad span die eindronde bereik, terwyl die Oos-Kapenaars albei vorige toernooie gewen het – in 2023 teen Pretoria Capitals, en verlede jaar teen Durban’s Super Giants. Sunrisers se snelbouler, Marco Jansen, kan verbeter op sy 17 paaltjies, wat die meeste nog in die kompetisie is. Die wedstryd begin half-ses op die Wanderers.