Swart olie teëgekom in Marula-1X-eksplorasie put
Impact Oil & Gas het boor- en boorstamtoets-bedrywighede met die Deepsea Mira-boortuig by die Tamboti-1X-eksplorasieput en die aanvang van die Marula-1X-eksplorasie in Blok 2913B voltooi. Die blok word deur TotalEnergies bedryf onder PEL 56 in die Oranjekom. Tamboti-1X is tot ‘n diepte van 6 450 meter geboor. Swart olie is teëgekom binne 85 meter van netto reservoir van laer-gehalte Bo-Kryt-sandstene, deel van die Mangetti-waaierstelsel. Die toetsresultate word tans geanaliseer. Later vanjaar sal die Deepsea Mira op die Olympe- vooruitsig in Blok 2912 boor.